Bedekking en opname

Deur Brian de Villiers

April 2026

Daar is twee noodsaaklike prosesse wat die effektiwiteit van sistemiese gewasbeskermingsprodukte (GBP’e) verseker. Die eerste is bedekking, wat deur behoud en druppelverspreiding gefasiliteer word, en die tweede is opname. Bedekking is nutteloos sonder enige opname, en opname is nutteloos met geen bedekking. Bedekking word behaal deur effektiewe toedieningstegnieke, neerslaghulpmiddels, en
benatters of olies. Benatters en olies speel ’n verdere rol op die blaar deur die opnameproses te help. Die rol van byvoegmiddels met beide hierdie prosesse is noodsaaklik, daarom is produkseleksie belangrik.

Bedekking

Spuitdruppels met geen byvoegmiddels het gewoonlik ’n hoë oppervlakspanning. Wanneer hulle die blaar impakteer, sal ‘n betekenisvolle persentasie dus afspat of afrol. Die druppels wat wel behou word, versprei nie veel nie en het ’n beperkte kontakoppervlak met die blaar. Dit is belangrik om die spuitoplossing se oppervlakspanning te verlaag, sodat druppels nie maklik spat of afrol nie. Die druppels wat behou word moet dan versprei om die kontakoppervlak met die blaar te vergroot. Benatters en olies speel ’n noodsaaklike rol om oppervlakspanning te verlaag, sodoende word bedekking verseker. Oppervlakspanning is die sleutelfaktor, daarom word byvoegmiddels wat dit verlaag, algemeen gebruik om bedekking te verhoog.

Opname

Druppelverspreiding is nie net vir bedekking belangrik nie, maar dit speel ook ’n noodsaaklike rol met die opnameproses. Nadat die spuitdruppel uitgedroog het, los dit die spuitdruppel residu wat in die blaar opgeneem moet word. Effektiewe opname is nodig om te verseker dat die GBP nie deur swak weerstoestande op die blaar afgebreek word nie. Navorsing toon dat opname soms beïnvloed word deur hoeveel die druppelresidu uitgesprei is. Die optimale spreivermoë van verskillende GBP’e wissel, daarom is dit krities om die korrekte benatter of olie te gebruik.

Die volgende funksie van benatters en olies is om die wasagtige laag op die blaar te bevogtig. Dit skep ’n pad vir sistemiese GBP’e om die sleutel van werking te bereik. Verskillende byvoegmiddels het verskillende wasbevogtigingsvermoëns; gebruik dus slegs die byvoegmiddel wat met ’n sekere GBP getoets en geregistreer is. Die gebruik van ’n produk met minder wasbevogtiging, sal tot swak effektiwiteit lei.

Villa se mening

Laer oppervlakspanning fasiliteer meer bedekking deur druppelafspat te verlaag en deur druppelverspreiding te verhoog. Druppelverspreiding is nie net vir bedekking belangrik nie, maar dit speel ook ’n kritiese rol, saam met benatterchemie, in die opnameproses.
Hierdie uiters belangrike effektiwiteitsprosesse beklemtoon hoekom dit so belangrik is om die korrekte byvoegmiddel te gebruik. Benatters en olies is nie almal dieselfde nie, daarom is dit krities om die geregistreerde produk te gebruik. Kontak jou Villa landboukundige vir meer inligting oor byvoegmiddels en watergehalte.

Share:

OTHER POSTS

Send Us A Message