Multi-Komponent Byvoegmiddels

Deur Dr. Brian de Villiers

Mei 2024
 

Daar is ses hoofgroepe byvoegmiddels, naamlik soutbyvoegmiddels, buffers, benatters, olies, kleefmiddels, en neerslaghulpmiddels. Daar is egter ook baie ander soorte byvoegmiddels, soos herbenatters, mengbaarheidmiddels, teen-skuimmiddels ens. Baie van hierdie produkte is ongemeng beskikbaar, maar dit kan ook as multi-komponent produkte aangekoop word. Daar is verskeie weergawes van voorafgemengde produkte soos ammoniumsulfaat en buffers wat ook benatters, herbenatters, of teen-skuimmiddels in dieselfde formulasies bevat. Multi-komponent byvoegmiddels is gerieflik
omdat dit die kans vir die gebruik van veelvuldige byvoegmiddels in ’n enkele  enkmengsel verminder, maar dit het ook sekere beperkings indien dit nie korrek gebruik word nie. Daarom is dit nodig om twee belangrike vrae aan te spreek.

Is al die bestanddele nodig?

Gewasbeskermingsprodukte (GBPe) wat byvoegmiddels benodig, het tekortkominge wat aangespreek moet word. Sulke tekortkominge is onder meer onvoldoende behoud of verspreiding, swak opname, alkaliese hidrolise of soutantagonisme. Indien ’n onkruiddoder byvoorbeeld deur katione in spuitwater benadeel word, word ’n ammoniumsulfaat byvoegmiddel benodig. Twee maniere om dié tekortkoming aan te spreek, kan wees met ’n enkelkomponent spuitgraad ammoniumsulfaat byvoegmiddel, of deur ’n multi-komponent produk wat ammoniumsulfaat bevat. Multi-komponent ammoniumsulfaatbyvoegmiddels mag ook ander bestanddele soos sure, benatters, herbenatters, teen-skuimmidels en mengbaarheidsprodukte bevat. Dit is belangrik om te bepaal of al hierdie bykomende bestanddele nodig is en of van die komponente antagonisties teenoor die tenkmengsel is. As al die bestanddele voordelig is, sal die multi-komponent produk die beste opsie wees. Indien dit egter onnodige of antagonistiese komponente bevat, mag dit dalk meer effektief wees om enkel-komponent byvoegmiddels te gebruik.

Is daar genoeg van elke bestanddeel?

Multi-komponent byvoegmiddels bevat gewoonlik een of twee kernkomponente soos soutbyvoegmiddels, buffers, of enige van die hoof-byvoegmiddelgroepe. Die doel van die ander bestanddele is om die GBP verder te bevorder of om die spuitoplossing te modifiseer. Byvoegmiddel-formulasies het beperkte spasie beskikbaar vir al hierdie aktiewe bestanddele. Daarom is dit belangrik om te verseker dat die produk genoeg van elke aktiewe bestanddeel vir die GBP in die spesifieke watergehalte of gewassituasie bevat. Buffers wat ’n benatter in die formulasie bevat, kan byvoorbeeld genoeg verspreidingsvermoë vir die gebruik op sekere vrugtegewasse hê, maar nie naastenby genoeg vir onkruidbeheer in rygewasse nie! Villa se mening Multi-komponent byvoegmiddels is nuttige produkte om met sekere GBPe te gebruik. Dit verskaf veelvuldige byvoegmiddels in een produk en is gerieflik en koste-effektief. Hierdie byvoegmiddels het egter ook tekortkominge en moet oordeelkundig gebruik word. Dit mag onnodige of antagonistiese bestanddele bevat wat die bruikbaarheid daarvan met sekere spuitmengsels beperk. Dit mag ook nie genoeg van een of meer aktiewe bestanddeel bevat om effektief in sekere situasies te presteer nie. Gebruik net geregistreerde multi-komponent byvoegmiddels wat deur deeglike navorsing ondersteun word. Kontak jou Villa landboukundige vir meer inligting oor byvoegmiddels en watergehalte.

Villa se mening

Multi-komponent byvoegmiddels is nuttige produkte om met sekere GBPe te gebruik. Dit verskaf veelvuldige byvoegmiddels in een produk en is gerieflik en koste-effektief. Hierdie byvoegmiddels het egter ook tekortkominge en moet oordeelkundig gebruik word. Dit mag onnodige of antagonistiese bestanddele bevat wat die bruikbaarheid daarvan met sekere spuitmengsels beperk. Dit mag ook nie genoeg van een of meer aktiewe bestanddeel bevat om effektief in sekere situasies te presteer nie. Gebruik net geregistreerde multi-komponent byvoegmiddels wat deur deeglike navorsing ondersteun word. Kontak jou Villa landboukundige vir meer inligting oor byvoegmiddels en watergehalte.

Share:

OTHER POSTS

Send Us A Message